Saterdag 04 April 2020

Modderspeel!


Gister het ons in die water gemors en vandag speel ons in die modder :)

Net soos met waterspeel is daar 'n legio voordele aan modderspeel. Hier volg net 'n paar. Modderspeel 'n sensoriese aktiwiteit wat kinders aan goed soos verskillende teksture en geure blootstel. Dit is 'n kreatiwe aktiwiteit wat kinders se verbeelding aanwakker, kreatiwiteit en probleemoplossingsvaardighede ontwikkel. Dit wakker konsetrasie en konsentrasie-span aan. Dit ontwikkel die klein spiere. 

Soos waterspeel is modderspeel ook 'n sogenaamde 'flow activity". 'n 'Flow' aktiwiteit is 'n aktiwiteit waarin jy jou heeltemal absorbeer, sonder dat jy aan enige iets anders dink. Dink byvoorbeeld aan swem - wanneer jy swem of in die water speel is daar nie regtig iets anders in jou gedagtes as wat dit wat jy besig is om in die water te doen nie. Hierdie aktiwiteit is baie bevorderlik vir konsentrasie vermoƫ, maar, dit help ook met ontspanning, stres-ontlaaiding en stel goed-voel hormone vry. Na jou kleuter of skoolganer dus in die modder vir 'n lekker ruk gespeel het, behoort hulle beter te voel en 'n bietjie van al die COVID-19 stres vergeet het. Dit laat my amper lus voel om saam te speel!

In die onseker tyd wat ons ons tans in bevind het kinders 'n groot dosis normaal nodig - en hierdie aktiwiteit het dit in oorvloed!

As jy nie 'n erf het nie - moenie stres nie, jy kan 'n plan maak! As daar nerens 'n plek is wat jy met veiligheid 'n bak sand of grond kan skep nie, sit dan met jou volgende beplande inkopietog 'n sak katsand en 'n katsandhouer in jou trollie. (Maak net seker dis katsand en nie kat kristalle nie!) Jou kleuter gaan nie die verskil agter kom nie!

Metode

Maak vir jou kleuter(s)/kinder(s) 'n biejtie modder aan met jou volgende wasgoed water. As dit nie moontlik is nie - gee vir elkeen 'n emmer om op die grond uit te gooi om self die modder te 'maak'. Wees voorbereid daarop dat jy gevra gaan word vir nog en nog en nog water, so besluit vooraf hoeveel emmers jy gaan gee/toelaat.

Hulle kan plase bou, met karretjies speel, modderkoekies bak, modderkos maak, toringsbou, modderklap, verf en nog meer. Sit jou kleuter/kinders aan die gang en los hulle dan om op hul eie te speel! En vat 'n paar minute vir jou eie versorging.

Hoop jou kinders speel net so lekker soos myne!

Om seker te maak jy mis nooit 'n inskrywing nie kan jy op die 'volg' knoppie aan die onderkant van hierdie inskrywing kliek en dan sal jy die inskrywings per e-pos ontvang. Jy kan ons ook soek op facebook en van ons hou.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking