Maandag 15 Mei 2017

Maak 'n geskenk boksie: Rommel Uitdaging #2

Vandag is die tweede aflewering van ons Rommel uidaging. Ons probeer met al daardie goed wat in die herwinningsak gegooi word iets doen.

Ons maak vandag 'n geskenkboksie uit 'n kartonhouer waarin pap was. Jy kan enige karton verpakking gebruik om dit te maak. Daar is heeltwat knipwerk betrokke, so hou asseblief toesig.

Ons het Ouma se moedersdag geskenk in ons geskenkboksie verpak.

Lekker knip en verf.
 Geniet kreatief wees met jou kleuter!

Volg ons gerus deur in te teken op ons elektroniese nuusbrief of deur van ons te hou op fb!
 

Vrydag 05 Mei 2017

Moedersdag: Lief vir Mamma! (Rommeluitdaging 1)




Vandag vier ons die liefde wat ons het vir Mamma, met hartjies! Ons maak hartjie geskenkpapier, kaartjies, hangende harte, waterval harte en sleuterhouer harte, alles met 'n vel papier, bietjie verf en 'n toiletrolletjie!

Jy kan ook 'n foto en magneet agter die toiletpapier hartjies plak vir 'n magnetiese fotoraampie.

Hou in gedagte dat kleiner kleuters en peuters heelwat meer hulp gaan benodig. Hulle sal die verf en mors geniet, maar Mamma (of) Pappa sal byvoorbeeld die inryg werk moet doen.

Hierdie inskrywing is ook die eerste in ons rommeluitdaging reeks. Vir die volgende paar weke kyk ons wat ons met al daardie goed kan doen wat in die herwinningsak gegooi word! Laat weet ons gerus as julle ons wil uitdaag met rommel of as jul slim idees het. Ons hou van 'n uitdaging :)

Baie dankie aan al die Mammas - mag julle met 'n soen en 'n druk wakker gemaak word op Moedersdag!





Geniet Kreatief wees met jou kleuter!
Teken in op ons elektroniese nuusbrief of volg ons op fb!