Donderdag 26 Maart 2015

Sissende Swaaiende Slang Spirale!


Vandag maak ons baie maklike en blitsvinnige slang spirale!

Ons spirale het dik bane gehad om my kleuter se knip vaardighede te fasiliteer, pas asseblief die grote en dikte van die spiraal na gelang van jou kleuter se vaardigheid aan.

Lekker speel!

Geniet Kreatief wees met jou Kleuter!
Vind en hou van ons op Facebook of bly op hoogte met ons nuusbrief

Vrydag 20 Maart 2015

Pratende Paddas


Vandag maak ons Pratende Paddas (en enige ander dier wat julle wil) handpoppe vir lekker speel en opvoer. 

Die aktiwiteit is geskik vir groter groeper sowel as individue en is goed vir klein motoriese vaardigheidsontwikkeling sowel as kreatiewe speel.

Die hoeveelheid voorbereiding en hulp wat verskaf moet word sal wissel t.o.v. vaardighede en ouderdomme van die kinders wat deelneem.

Lekker maak en lekker speel.
































Geniet kreatief wees met jou kleuter!
Hou van ons op Facebook of volg ons via ons e-pos nuusbrief!

Saterdag 14 Maart 2015

Konsertina Honde!


Vandag maak ons konsertina honde vir 'n lekker vinnige, maklike en prettige aktiwiteit. Die aktiwiteit is goed vir klein motoriese vaardighede en kreatiewe ontwikkeling. Dit is ook 'n aktiwiteit wat kleiner kleuters se korter aandagspan vir die durasie van die aktiwiteit sal hou. Stuur gerus vir ons foto's van jul pogings, ons hoor graag van julle!

 Geniet kreatief wees met jou kleuter!
Stuur gerus vir ons foto's van jul aktiwiteite, hou van ons op Facebook en laat ons weet wat jy van ons blog dink. Ons hoor graag van julle!