Vrydag 16 Junie 2017

Vadersdag!

Ons het dit so geniet om hierdie stresbal vir Vadersdag te maak, dat dit einlik 'n kinderdag aktiwiteit moet wees!

Die basiese bestandele is water, 'n ballon en mielieblom, en as jy nou nog nie die wonderlike eienskappe van oobleck ontdek het nie, moenie langer op jou laat wat nie. Oobleck is 'n nie-newtoniaanse (verskoon indien my vertaling gebrekkig is) vloeistof wat die eienskappe van 'n vaste stof het wanneer dit onder druk geplaas word. Jy kan dus hard met jou vingers op die vloeistof kap en dit sal so hard soos die tafel wees, maar wanneer jy jou vingers daarin laat afsak, reageer dit nes 'n vloeistof. Ons het vier jaar gelede 'n inskrywing daaroor gehad as jy wil gaan loer.

Die stresbal is belaglik maklik om te maak, maar dit mors vreeslik! Oobleck fasineer kinders en mors is altyd lekker!

Geniet kreatief wees saam met jou kleuter en gelukkige Vadersdag aan al die hardwerkende (soms stresvolle) pappas!


















































































Geniet kreatief wees saam met jou kleuter!
Volg ons op fb of teken in op ons elektroniese nuusbrief net hier onder.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking