Maandag 26 Junie 2017

Rommel Uitdaging #3: Albaster wurm!


As deel van ons rommel uitdaging, het ons almal gevra om ons te help rommel bymekaar maak. Die uiteinde was 'n hele hoop toiletrolletjies! Dit was net genoeg om 'n albaster wurm te bou.

'n Albaster wurm ontwikkel alles van probleem oplossingsvaardighede, logiese denke, oorsaak en gevolg tot kreatiewe denke. Ouer kleuters, voorskolers en skoolbeginners sal hope pret he (en frustrasie sal ook kop uitsteek), terwyl hulle leer en weer probeer. Kinders kan elkeen sy eie pak of hulle kan saam-saam 'n wurm aanpak. (En in die proses leer van spanwerk, idees, eksperimentering en die belangrikheid van deel...)

Vir peuters en jonger kleuters sal Mamma of Pappa moet hand bysit om die wurm aan mekaar te sit, terwyl hulle dit sal geniet om die albaster af te rol. (Ek moet erken, hierdie Mamma het net so lekker saam gebou!)

Hoop julle geniet hierdie aktiwiteit net so baie soos ons - dit is veral lekker vir vakansie dae wat koud en/of nat is!
 Geniet kreatief wees met jou kleuter!
-volg ons op fb of via ons elektroniese nuusbrief-

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking