Vrydag 27 Maart 2020

Skattejag


Hierdie aktiwiteit het geen bekendstelling nodig nie! Almal weet hoe dit werk! Ons het dit sommer as beloning gebruik vir 'n week van genoeg groente en vrugte en gesonde kos eet tydens isolasie/inperking, so dit was 2 vlieƫ met een klap! Motivering, aansporing en beloning alles in een.

Die grootste uitdaging was om 'n lesende kind en nie-lesende kleuter op dieselfde tyd te akkomodeer. Ek het daar verby gekom deur vir die kleuter 'n basiese skatkaart te teken van waar die leidrade weggesteek is. (Dit was vir my kletuer heelwat moeiliker as was dit klink, want ek teken baie lelik!) Ek het vir my ouer kind leidrade geskryf en weggesteek. Saam-saam het hulle dan die leidrade en skatkaart gebruik om by die skat uit te kom!

Hou altyd in gedagte dat 'n skattejag nie noodwendig oor die skat gaan nie. Die kinders geniet die jag proses baie meer as die skat self. 'n Lekkertjie of 'n inkleurprent is net soveel werd soos 'n gelukspakkie of klein presentjie. 

Lekker jag!

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking