Dinsdag 14 April 2015

Krakende Krakebene: Verf 'n handpop!


Vandag verf ons handpoppe in 'n twee-ledige kreatiewe kleuter. Eers kan jy of jou kleuter verf (of mors) en dan kreatief speel!

"n Familie lid het 'n paar jaar gelede vir my plakkers gebring wat jy op jou hand plak om sulke handpoppe te maak. 'n Mense kan dit egter sommer self maak en die koste spaar!

Ek gebruik altyd waterbasis-gesigverf van Ziggi's en dit kos tussen R15 en R30 per potjie. Die waterbasis verf was baie maklik af, irriteer (as 'n reel) nie sensitiewe velle nie en brand (weereens as 'n reel) nie oe nie. Wanneer dit droog is, smeer dit ook nie so maklik en morsig af soos olie-basis gesigverf nie.

Baie mense verkies egter 'n olie-basis gesigverf en hierdie soort is dalk makliker bekombaar. Jy kan ook olie-basis verf ook as teater grimering soos Ziggi's koop, maar jy kan vir baie goedkoper in meeste supermarkte 'n gesig verf pak met verskillende kleure koop. Kleiner kleuters sal 'n olie-basis gesig verf meer geniet, want hulle kan dit met hul vingers verf!

Jy kan ook baie goedkoop vir jou gesigverf maak. Kliek net op hierdie skakel vir 'n vorige inskrywing wat vir jou stap-vir-stap wys hoe om dit te doen.  

Ek sou nie voorstel dat jy hierdie aktiwiteit met 2 - 3 jariges doen nie, want hul kreatiewe speel vermoe is nog nie heeltemal tot op hierdie vlak ontwikkel nie. Hulle sal dit egter gate uit geniet om hul lywe of hul gesigte in 'n spieel te verf. Hulle is ook mal daaroor om ander te verf - so as jy dapper genoeg is, laat jou kleuter toe om vir jou te verf!


 

Geniet kreatief wees met jou kleuter!
 Hou van ons op FB or volg ons via ons ons elektroniese nuusbrief.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking