Woensdag 11 Junie 2014

Vir Vadersdag




Ons versier vandag herwinde plastiek bottels vir Vadersdag. Pappa of Oupa kan skroefies, kleingeld of enige kleinigheid daarin bere OF julle kan dit vol van Pappa of Oupa se gunsteling lekkers maak. (En saam deel in die plesier.)

Vandag se aktiwiteit gee vir jou drie opsies om jou sak en/of omstandighede te pas. Jy kan slegs die bottel versier met verf (of inkleurpotlode of vetkryte), gom en papier, jy kan 'n kaartjie uitdruk/teken/skryf en byvoeg en jy kan uitgedrukte fotos ook gebruik om die bottel verder te versier.

Ek vergeet om die herwinde bottel onder benodighede te lys. Ons het plastiek gebruik, maar glasbottels sal net so goed werk. Ons het die etikette afgeweek, maar omdat jy 'n papier rondom plak, kan jy die etikette op die bottel los as jy wil.

Baie dankie aan al die Pappa's en Oupa's wat so hard werk om ons kleuters te versorg, te bemoedig en lief het.

Geniet jou kleuter se kreatiwiteit.

GENIET KREATIEF WEES SAAM MET JOU KLEUTER!
Hou van ons op Facebook of sluit aan by ons weeklikse e-pos lys.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking