Sondag 15 Desember 2013

Sypaadjie Verf!

Ons volgende plasing sal op 7 Januarie 2014 gepubliseer word. Ons wens julle 'n geseende feestyd toe.
Somervakansie, sonskyn en buite speel is sinoniem met mekaar en vandag se aktiwiteit sal hope pret in die buitelug verseker. Ons verf sypaadjies! (Of stoepe, of sement vloere of balkonne)

Die sypaadjie verf is spotgoedkoop om te maak en was baie maklik met 'n tuinslang af. Dit vlek nie, so jou kleuter kan steeds die aktiwiteit geniet al het julle slegs 'n klein stoepie of balkon.

Die beste deel van die verwery, is dat jou kleuter self die "gemors" buite kan skoonmaak. (En tuinslang spuit bied addisionele plesier)

Hoop jy geniet kreatief wees saam met jou kleuter! 

Benodighede

Voedselkleursel (Ek stel voor jy gebruik nie die gel-weergawes nie); Mielieblom (Maizena); verf kwaste, lepel op mee te skep, iets om mee te roer, bakkies/houertjies om die verf in aan te maak.

Metode

Skep 'n klein hoeveelheid mielieblom in 'n houertjie en voeg 'n paar druppels voedselkleursel by. Indien jy 'n silikoon muffin of kolwyntjie pan gebruik soos ons gemaak het, stel ek voor dat jy die pan op 'n bakplaat/ander harde oppervlak sit voor julle begin aanmaak.

Roer tot gemeng en voeg water en/of voedselkleursel by soos verkies. Die dikte van die verf hang af van die hoeveelheid vloeistof wat jul byvoeg. My kleuter het mildelik met die water te werk gegaan en ons verf was baie dun, maar steeds suksesvol!

Herhaal die proses totdat julle 'n paar kleure het, kies 'n geskikte oppervlak buite, vat 'n kwas en verf! (Onthou die sonblok)

Wanneer jou meastro klaar is, spuit die kunswerk met 'n tuinslang skoon.

Geniet kreatief wees saam met jou kleuter!
Kom loer hierdie week gereeld op ons blog, ons gaan gereeld plaas vir die vakansie! Vind en hou van ons op Facebook en bly op hoogte.

1 opmerking:

  1. That was enjoyable to read, thanks for posting it.

    Look into my blog post Bing (http://www.bing.com)

    AntwoordVee uit