Vrydag 05 Mei 2017

Moedersdag: Lief vir Mamma! (Rommeluitdaging 1)




Vandag vier ons die liefde wat ons het vir Mamma, met hartjies! Ons maak hartjie geskenkpapier, kaartjies, hangende harte, waterval harte en sleuterhouer harte, alles met 'n vel papier, bietjie verf en 'n toiletrolletjie!

Jy kan ook 'n foto en magneet agter die toiletpapier hartjies plak vir 'n magnetiese fotoraampie.

Hou in gedagte dat kleiner kleuters en peuters heelwat meer hulp gaan benodig. Hulle sal die verf en mors geniet, maar Mamma (of) Pappa sal byvoorbeeld die inryg werk moet doen.

Hierdie inskrywing is ook die eerste in ons rommeluitdaging reeks. Vir die volgende paar weke kyk ons wat ons met al daardie goed kan doen wat in die herwinningsak gegooi word! Laat weet ons gerus as julle ons wil uitdaag met rommel of as jul slim idees het. Ons hou van 'n uitdaging :)

Baie dankie aan al die Mammas - mag julle met 'n soen en 'n druk wakker gemaak word op Moedersdag!





Geniet Kreatief wees met jou kleuter!
Teken in op ons elektroniese nuusbrief of volg ons op fb!

 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking