Woensdag 26 April 2017

Bak en Brou: Hasie Kalbassie Kaboem Boem Boem!

Daar is min dinge wat 'n kind so geniet as om te bak en te (ver)brou! Jonger kleuters hou van ingooi, geraas, proe en voel terwyl ouer kleuters kan begin help om af te meet en uit te rol. Haasbekke kan selfs al die hoeveelhede afmeet. En die opsies vir mors is eindeloos...

Die suikerkoekie resep is effens aangepas uit die "Kook en Geniet" van SJA de Villiers en het nog nooit geflop nie. Dit is maklik om aan te maak met 'hulp' en rol maklik uit. Dit smaak ook vorentoe!

Met vakansies soos Paasfees bak ons hasie koekies om te eet in plaas van die tonne beskikbare sjokolade lekkernye, want ons het 'n koeimelk allergie in die huis. 

Lekker bak!


 Geniet jou kleuter se kreatiwiteit!
 Volg ons of fb of teken in op ons elektroniese nuusbrief.

Vrydag 07 April 2017

Ruimte Ritte

Vandag maak ons twee verskillende vuurpyle: 'n twee dimensionele knip-en-plak prent wat geskik is vir alle ouderdomsgroepe en 'n drie dimensionele vuurpyl wat meer geskik is vir ouer kleuters, voorskolers en grondslagfase skoliere. 

Die toiletrol vuurpyl kan gebruik word om ruimtetema kamers en partytjies te versier deur dit van die dak af te hang, of as tafelversiering gebruik word of propvol eetgoed gestop word as 'n partytjie verassing! My voorskoler het gekies om syne breek te speel - elke maak minuut werd!

Jy behoort alles in jou huis te vind, geniet die maak en speel!


 Ons hoor graag van julle! Gee ons terugvoer oor die projekt en stuur vir ons foto's.
Jy kan ons op fb volg of inteken op ons elektroniese nuusbrief.

Geniet kreatief wees met jou kleuter!