Na tien jaar se fasilitering van kreatiewe programme vir
kinders en self die ma van 'n kleuter, het die idee vir Kreatiewe Kleuter
ontstaan na al hoe meer vriendinne na kreatiewe idees gesoek het, om
hul kleuters en peuters mee besig te hou.
Met Kreatiewe Kleuter beoog ek om weekliks beproefde
aktiwiteite op te laai wat geskik is vir peuters en kleuters vanaf twee to vyf,
sowel as voorskoolse en skoolbeginners van ses tot agt.
Behalwe dat die aktiwiteite prettig is vir kinders, word
daar ook beoog om deur kreatiwiteit, fyn motoriese vaardighede, probleem
oplossingsvaardighede, sowel as kognitiewe ontwikkeling aan te wakker.
Meeste van die aktiwiteite kan gedoen word met dit wat in en
om die huis is.
Lewer asseblief kommentaar op die aktiwiteite en jy is welkom om ook
self voorstelle te stuur.
Geniet dit om kreatief te wees saam met jou kleuter!