Woensdag 07 Mei 2014

Moedersdag Maklik Gemaak!

Daar is min dinge wat 'n Mamma en Ouma se hart so bly maak soos 'n self-gemaakte stukkie geskiedenis! Ons maak vandag hand en voet afdrukke in soutdeeg as Moedersdag geskenke.

Dit is baie pret en Kleuters geniet dit gate uit, veral as hulle kan help aanmaak, knie, uitrol, uitdruk, bak en verf.

Ons het die datum op elke afdruk geskryf, nou kan ons sommer volgende jaar meet hoeveel ons gegroei het.

Maak gerus vir elke vrou wat jou kleuter versorg en lief is, hulle sal dit net so waardeer.

Dankie aan alle Mammas, Oumas en versorgers wat sorg dat die volgende generasie met liefde, aanvaarding en ondersteuning grootword. Elke dag behoort Moedersdag te wees!

Volg hierdie skakel om die resep vir vingerverf te kry en kliek op hierdie skakel om 'n patroon vir 'n maklike kunsjurkie te kry wat van Pappa se hemp gemaak word!

Stuur ons foto's van jul meesterstukke. 














































Geniet kreatief wees met jou kleuter!
Teken in om elke week se inskrywing te ontvang of vind en hou van ons op facebook!

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking