Ouderdom: 2 - 9
Het Mamma se hulp nodig!
Mamma se geduld vlak: Baie Laag
Koste: R0 (Alles behoort in jou koskas te wees)
Mamma se geduld vlak: Baie Laag
Koste: R0 (Alles behoort in jou koskas te wees)
Vandag maak en speel ons met ‘n ou staatmaker, speeldeeg! Soutklei is
vreeslik maklik om te maak, die tekstuur is lekker, dit is nie so hard soos gekoopte klei nie en dit is goedkoop. Dit is boonop 'n aktiwiteit wat jonk en oud ure se vermaak verskaf en is voordelig vir onder andere fyn motoriese ontwikkeling.
My kleuter het dit vreeslik geniet om die bestandele in te
gooi en te meng en ons kon sommer oor kleure en kleur kombinasies terselfdertyd
leer.
Ek het sluit die oorspronklike, sowel as ‘n gehalveerde
resep in. As jy meer as een kleuter het kan elkeen sy eie maak. Dit is ook vir my
kleuter makliker om die voedselkleursel in te meng met kleiner hoeveelhede klei.
Let asseblief daarop dat die deeg vining op die stoof gekook
word, so Mamma moet toesig hou.
Lekker speel!
Resep
Halwe Resep Hele
Resep
1 koppie meel 2
koppies meel
½ koppie sout 1
koppie sout
1 koppie water 2
koppies water
½ pakkie kremetart (of 10 ml) 1 pakkie kremetart (of 20 ml)
7.5 ml Olie 15
ml Olie
Voedselkleursel Voedselkleursel
Metode
Stap 1: Gooi al die bestandele saam in ‘n pot en roer goed. Indien
jy slegs een kleur klei maak, kan jy die voedselkleursel ook saam ingooi.
Stap 2: Roer die mengsel aanhoudend oor matige hitte. Moenie
bekommerd wees as die mengsel klonterig aan die begin lyk nie, dit word later
glad. Terwyl jy aanhou roer, sal die mengsel al hoe dikker word totdat dit van
die kante af loskom en ‘n bal in die middel vorm.
Stap 3: Indien jy meer as een kleur klei wil maak, deel jou deeg in
die verlangde hoeveelhede en roer die voedselkleursel by elke hoeveelheid in.
Moenie bekommerd wees as jy die kleur nie egaliger as ‘n marmer kleur kry
terwyl jy roer nie, sodra jy begin knie sal die kleur egalig in knie.
Stap 4: Haal die bal deeg uit en knie dit vir ‘n paar minute totdat die
tekstuur vir jou reg voel en lyk. Indien jou klei te klam is (dit sal aan
jou vingers vas sit en taai wees) knie meel by totdat die tekstuur reg is.
Indien jou klei te droog is (dit sal sukkel om ‘n bal te vorm), voeg ‘n paar
druppels water by.
Sodra jy tevrede met die tekstuur is, is die klei speel gereed! Jy kan jou kleuter daarmee vry laat speel, maar jy kan ook 'n paar koekiedrukkers en vormies uitpak vir ekstra lekkerte.
Geniet kreatiewe speeltyd met jou kleuter!
Vind en hou van ons op Facebook. Julle is ook welkom om opmerkings en foto's in te stuur.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking