Ouderdom: 2
- 9
jaar
Het Mamma se hulp nodig
Mamma se geduld vlak: Baie laag
Koste: Jy kan al die items met oorskiet stukkies lap maak. Indien jy dit sal moet aankoop sal die totale koste onder R20 per item beloop.
Mamma se geduld vlak: Baie laag
Koste: Jy kan al die items met oorskiet stukkies lap maak. Indien jy dit sal moet aankoop sal die totale koste onder R20 per item beloop.
Beide die feetjie rompie en mantel het
naaldwerklose en basiese naaldwerk variasies. Kleuters van vier jaar en ouer sal
die naaldwerklose weergawes heeltemal op hul eie kan baasraak, terwyl Mamma sal
moet toesig hou met die naadwerk weergawes aangesien dit rygstekies met 'n groot naald vereis. Vir kleuters tussen drie en vier sal Mamma handjie moet
bysit en vir twee tot drie jariges sal Mamma meeste van die werk self moet doen!
Naaldwerk is ‘n goeie manier om die fyn
motoriese vaardighede van jou ouer kleuter, voorskoolse leerder of
skoolbeginner te ontwikkel en oefen ook van die spiere wat nodig is vir skryf.
Al die artikels neem tussen twingtig en
dertig minute om klaar te maak, so jou kleuter sal vinnig kan begin om kreatief
daarmee te speel. Jong kleuters wat nog nie so vaardig met aantrek is nie en
wat ook nog te klein is vir kamma-kamma speel met kostuums, sal die beweging
wat die rompie en mantel maak terwyl hulle dans, hardloop of spring baie
geniet. Hulle geniet dit ook om die teksture van die rompie en mantel te
bevoel.
Naaldwerklose Romp vir Vrolike Feetjies!
Benodighede
‘n Lint of dun materiaal strook wat lank genoeg is om
met ‘n strik om jou kleuter se middel te kom. Organza of enige sagte materiaal
in die kleur/kleure van jou keuse. (Die kleur sal bepalend wees t.o.v.
kreatiewe speel, swart sal byvoorbeeld vir ‘n heks geskik wees en helder
kleure vir ‘n feetjie, ensovoorts). Skêr. Organza kos ongeveer R16 per meter
en ons het ‘n driekwart meter gebruik.
Stap 1
Besluit hoe lank die rompie moet wees en meet en sny
stroke materiaal wat dubbel die verlangde lengte is. (M.a.w. die stroke moet die
regte lengte wees wanneer dit dubbel gevou is.)
Stap 2
Meet en knip ‘n stuk lint wat lank genoeg is om met ‘n strik om die middel te pas. Besluit op die volgorde van die kleure indien meer as een kleur gebruik word.Stap 3
Maak ‘n lus met ‘n strook materiaal en vou
dit dubbel oor die lint sodat die lus aan een kant van die lint en die ente aan
die ander kant van die lint is. Steek die ente van die strook deur die lus om
‘n knoop te vorm.
Stap 4
Trek styf deur die ente styf te trek terwyl jy die lint vashou. Die lengte van die strook behoort nou die verlangde lengte van die romp te wees. Begin in die middel van die lint en werk kante toe om te verseker dat die stroke eweredig verspreid is. Vat nou die volgende strook en herhaal Stap 3 en 4.
Stap 5
Herhaal Stap 3 en 4 met al die stroke
totdat al die stroke gebruik is. Maak seker dat die stroke eweredig verspreid
is, ‘n vinger breedte uit mekaar werk lekker. Wanneer die romp
klaar is, bind dit om jou middel en begin speel!
Feestelike Feetjie Romp met Naaldwerk
Benodighede
‘n Lint of dun materiaal strook wat lank genoeg is om
met ‘n strik om jou kleuter se middel te kom. Net of Tulle materiaal in die
kleur/kleure van jou keuse. (Die kleur sal bepalend wees t.o.v. kreatiewe
speel, swart sal byvoorbeeld vir ‘n heks geskik wees en sagte kleure vir
‘n feetjie, ensovoorts). Skêr. Naald en Gare. Die Tulle kos ongeveer R19 per
meter en ons het ‘n halwe meter gebruik.
Stap 1
Meet die lengte van die romp, hierdie afmeting gaan die breedte van die strook materiaal wat jy uitknip wees. Die lengte van die strook materiaal wat jy gaan uitknip gaan
bepaal hoeveel plooitjies dit gaan maak. Dit is ‘n goeie gids om ten minste
twee en ‘n half keer die omtrek van die middel te neem. Knip nou twee
stroke materiaal uit verskillende kleure uit.
Meet en knip ‘n stuk gare die lengte van
die materiaal af. Soek die grootste naald wat jy kan kry (dis makliker vir
klein handjies om vas te hou) en steek die gare deur die oog. Maak ‘n groot
knoop aan die punt van die gare.
Stap 2
Gebruik groot rygsteke om die boonste kant van die eerste strook materiaal in te ryg. Wanneer jy die gare stywer trek, sal jy die romp se plooitjies maak. Meet die strook materiaal om jou middel om te weet hoe ver die romp ingetrek moet word. Die punte van die materiaal moet aanmekaar kan raak. Doen dieselfde met die tweede strook materiaal.
Stap 3
Meet en knip ‘n lint lank genoeg om met ‘n
strik om die middel te kom. Vou die lint in die helfte om die middelpunt te kry en merk dit met 'n speld. Vou die eerste strook materiaal ook in die helfte en plaas die twee middelpunte op mekaar. Maak seker dat jy die strook materiaal op die onderste helfte van die lint plaas. Speld die ingetrekte materiaal strook nou aan die lint vas en werk dit met klein rygstekies vas. Maak 'n stewige knoop met die gare wanneer jy klaar is om te keer dat dit stekies uittrek.
Stap 4
Trek die ryggare uit. Herhaal Stap 3 en die begin van Stap 4 met die volgende stuk ingetrekte materiaal, maar werk dit aan die boonste helfte van die lint vas. Jou rompie is nou klaar en kan op twee maniere gebruik word afhangende van wat jy verkies. Jy kan die rompie net so om jou lyf bind, of die lint omdraai en “onderstebo” aan jou lyf vasbind om ‘n voller romp te verkry. Jy's reg om almal om jou te betower!Naaldwerklose Mantel vir Heldhaftige Manne
Benodighede
‘n Lint of dun materiaal strook wat lank
genoeg is om met ‘n strik om jou kleuter se nek te kom. Sagte, ligte materiaal
in die kleur/kleure van jou keuse. (As die materiaal te swaar is sal dit
ongemaklik om die nek trek.) Skêr. Ons het oorskiet stukke voering materiaal
gebruik. Voering materiaal kos tussen R7 en R20 per meter. Ek skat ons het minder as ‘n halwe
meter gebruik.
Stap 1
Meet en knip ‘n strook materiaal wat twee keer so
breed soos jou kleuter se skouers is. Plaas die geknipte strook materiaal op jou
kleuter se skouers en maak ‘n knoop in die helfte van elke skouer area. Die
lengte tussen die twee knope is die deel waar die mantel vasgemaak gaan word.
Stap 2
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking