Donderdag 07 November 2013

Aartappel Druk!

Ons doen Aartappel drukwerk vandag!

Aartappel drukwerk verskaf hope mors plesier vir kleuters en julle kan die eindproduk as spesiale geskenkpapier vir familie gebruik.

Jy kan enige verf gebruik, ek het sommer vingerverf vooraf gemaak. Indien jy goedkoop en onskadelike vingerverf (wat makliker af -en uitwas as gekoopte vingerverf) wil maak, kan jy na 19 April se blog loer, waar die proses stap vir stap verduidelik word. (Kliek op hierdie skakel: Vingerverf Resep)

Mamma sal die stempel(s) vir kleiner kleuters moet maak, maar skoolbeginners kan dit onder baie toesig self probeer.

Die voorbereiding vat 'n tydjie, veral as jy eers die verf maak, maar die stempels is vinnig om te maak. Dit is ook maklik om op te ruim, veral as julle op koerant papier werk - bondel slegs die papier saam en gooi weg!

Geniet kreatief wees saam met jou kleuter!

Benodighede  

Verf, Aartappel(s), mes en papier.


Metode 
 
Stap 1: Sny die aartappel in die helfte en gebruik die agterkant van 'n kwas of 'n sosatie stokkie om jou ontwerp te teken. (Hou dit so eenvoudig moontlik aan die begin of totdat jy gemaklik met die uitsny is.) Gebruik 'n mes om die oortollige stukke versigtig weg te sny. Wanneer jy klaar is moet jou ontwerp uitstaan sodat jy dit soos 'n stempel kan gebruik.

Stap 2: Gebruik vingers of 'n kwas om verf aan die ontwerp te smeer en druk op papier na hartelus! Geniet dit om jou papier vol stempels te druk!


Geniet kreatief wees saam met jou kleuter!  
Het julle aartappel druk geniet? Deel jul foto's met ons op Facebook!  

2 opmerkings:

  1. Baie oulike blog! Ek is 'n onderwysstudent wat in die vakansie 'n "Digital Literacy" kort-kursus gedoen het. Een van ons take is om 'n blog te stig.

    Ek is maar nog 'n beginner, maar het jou artikel voorgestel op my blog: http://goo.gl/klkFBh.
    Ek het jou "Maak 'n Herfsboom"-artikel ook baie geniet!

    AntwoordVee uit
  2. Hallo Juffrou ABC!

    Baie dankie vir jou opmerking. Het so vinnig op jou blog gaan loer en dit lyk baie goed. Die lettertipe skakel is nogal 'n nuttige hulpbron, dankie.

    Ons pos een van die dae weer 'n nuwe aktiwiteit.

    AntwoordVee uit