Donderdag 30 April 2015

Maklikste Moedersdag!


Vandag maak ons vir Mamma 'n blompot van 'n toiletrolhouer en vul dit met blomme, blare, grassies of wat ook al ons buite in die veld of in die tuin kry.

Vir 2 - 9 jariges is dit 'n maklike self-bemeesterde aktiwiteit, hoe ouer jou kind is, hoe minder sal 'n grootmens hoef hand by te sit. Behalwe die kreatiewe waarde sal dit ook goed wees vir jou kind (veral die jongeres) om iets (amper) heeltemal self te kan maak en dit dan te kan gee vir iemand wat die vaardigheid, prestasie en eie-waarde daarvan raaksien.

Vir al Mammas en Vrouens wat lief is vir ons kinders (en dit sluit die tannies, die oumas, die voogde, die versorgers en die oppassers in, want mens hoef nie aan 'n kind geboorte te skenk om hom onvoorwaardelik lief te he nie), hoop jul moedersdag is gevul met liefde!



Geniet jou kleuter en sy kreatiwiteit!
Hou van ons op fb, stuur ons skakel aan en of teken in op ons e-pos lys.

Vrydag 24 April 2015

Binnehuise speel idees: Jogurt Verf!


Vandag gee ons vir die brawe Mammas (en Pappas) 'n groot geskenk - 'n paar minute vir jouself!

Ons gaan oor die volgende paar maande probeer om 'n paar nuwe binnehuise speel aktiwiteite te deel, wat nie net sal help met die "dis-winter-en-ek-kan-nie-buite-speel-nie" gevoel, maar wat ook sal poog om 'n paar minute vir die ouers los te maak.

Ons afgelope twee aktiwiteite het kleiner kleuters en peuters uitgesluit, maar hierdie week se aktiwiteit is geskik vir peuters en kleuters vanaf 1 jaar oud. Skool beginners mag die aktiwiteit dalk nie soveel geniet nie.

Jogurt verf was maklik af van teels en omdat kleuters daarmee mag mors op oppervlaktes wat hulle normaal weg nie op mag teken/verf nie, hou dit hulle ook 'n bietjie langer besig as wat 'n gewone verf aktiwiteit hulle sal besig hou.

Knyp maar jou oe toe vir die bietjie mors - en sorg dat jy jou kleuter se kunswerk beperk tot 'n afgemerkte area, anders sal jy moontlik bietjie meer moet skoonmaak!

Geniet kreatief wees met jou kleuter!

 Geniet kreatief wees met jou kleuter!
Vind ons op fb of volg ons via e-pos!

Dinsdag 14 April 2015

Krakende Krakebene: Verf 'n handpop!


Vandag verf ons handpoppe in 'n twee-ledige kreatiewe kleuter. Eers kan jy of jou kleuter verf (of mors) en dan kreatief speel!

"n Familie lid het 'n paar jaar gelede vir my plakkers gebring wat jy op jou hand plak om sulke handpoppe te maak. 'n Mense kan dit egter sommer self maak en die koste spaar!

Ek gebruik altyd waterbasis-gesigverf van Ziggi's en dit kos tussen R15 en R30 per potjie. Die waterbasis verf was baie maklik af, irriteer (as 'n reel) nie sensitiewe velle nie en brand (weereens as 'n reel) nie oe nie. Wanneer dit droog is, smeer dit ook nie so maklik en morsig af soos olie-basis gesigverf nie.

Baie mense verkies egter 'n olie-basis gesigverf en hierdie soort is dalk makliker bekombaar. Jy kan ook olie-basis verf ook as teater grimering soos Ziggi's koop, maar jy kan vir baie goedkoper in meeste supermarkte 'n gesig verf pak met verskillende kleure koop. Kleiner kleuters sal 'n olie-basis gesig verf meer geniet, want hulle kan dit met hul vingers verf!

Jy kan ook baie goedkoop vir jou gesigverf maak. Kliek net op hierdie skakel vir 'n vorige inskrywing wat vir jou stap-vir-stap wys hoe om dit te doen.  

Ek sou nie voorstel dat jy hierdie aktiwiteit met 2 - 3 jariges doen nie, want hul kreatiewe speel vermoe is nog nie heeltemal tot op hierdie vlak ontwikkel nie. Hulle sal dit egter gate uit geniet om hul lywe of hul gesigte in 'n spieel te verf. Hulle is ook mal daaroor om ander te verf - so as jy dapper genoeg is, laat jou kleuter toe om vir jou te verf!


 

Geniet kreatief wees met jou kleuter!
 Hou van ons op FB or volg ons via ons ons elektroniese nuusbrief.

Donderdag 02 April 2015

Hasie in die holte!



Vandag maak ons oulike hasie maskers vir lekker speel oor Paasfees! 

Ons wys twee metodes, een wat pypskoonmakers gebruik en een wat jy sommer met gekleurde papier kan maak indien jy nie goed wil aankoop of kan kry nie.

Ons plaaslike Spar is baie oulike met kreatiewe goed en ek het gaan pryse loer, jy kan by hulle vir ongeveer R25 'n sakkie met pypskoonmakers, pom-poms, ogies, stokkies en ander kreatiewe goed inkoop. Ek weet ook meeste skryfbehoefte winkels hou soortgelyke produkte en kreatiewe goed aan.

Geniet saam speel met jou kleuter oor die komende lang naweek!


Geniet jou kleuter se kreatiwiteit!
Jy kan van ons hou op fb of ons volg via ons e-pos nuusbrief.